Christene en geld

Money in handsAangesien ek gestoei het met die vraag hoe om te bedien met armoede reg rondom my, gee ek graag ’n paar beginsels wat ek saamgestel het uit verskeie bronne.  Ons kollege graduandi en die jongmense in ons Jeuggroep het hulle ontvang.  Die alledaagse bewoording – beide informeel genoeg om te gebruik én solied genoeg om die waarheid oor te dra – is nie bedoel vir ’n kritiese oorsig nie.  Dit behoort egter die ekonomiese koekies op ’n laer rak te plaas waar dit makliker bekom kan word.

  1. God het vir ons geld gegee om vir ons te wys dat dit nie ons god is nie; God is ons God.
  2. Rykdom kan geskep word.
  3. Die regering kan nie rykdom skep nie; net besighede kan.
  4. Die aarde het genoeg rykdom vir elkeen as mense net wil werk om dit te skep!
  5. Rykdom groei stadig.  Dit neem verskeie geslagte vir ’n volk om ryk te word.
  6. Werk is goed.
  7. Mense moet leer hoe om te werk, want ons is van nature lui.
  8. As vaders hulle kinders leer om hard te werk, kan die land ryk wees.
  9. Die evangelie van Jesus Christus behoort ons harde werkers te maak.
  10. Christene behoort nooit tyd, moeite, geld, gereedskap of kennis te mors nie
  11. Ons kan rykdom vinniger skep as ons logika leer gebruik.
  12. Pryse word deur elke besighede gestel, sodat hulle meer kan verkoop as die ander besighede.
  13. As die regering pryse beheer, stoot dit die koste van ander dinge op.
  14. ’n Kleiner regering is beter vir die ekonomie as ’n groot regering.
  15. Armoede is die gevolg van sonde, gebrek aan gereedskap en natuurrampe.
  16. Sonde is die grootste oorsaak vir armoede.
  17. Van alle sondes skep luiheid armoede die vinnigste.
  18. Gereedskap kan vinnig rykdom inbring.
  19. Aangesien die mens sondig is, behoort die regering nie aan arm mense geld te gee nie.
  20. As sondaars geld kry by die regering, sal hulle leer om werk te vermy.
  21. Alles behoort aan God, maar Hy leen dit vir die mens, vir ’n klein rukkie.
  22. Christen mans voorsien vir die behoeftes van hul vrouens en kinders.
  23. Bybelse vaderskap het ’n onmiddellike en kragtige impak op die ekonomie.
  24. Christene moet hulle geld oorvloedig, met blydskap en met wyheid gee.
  25. Elke kerk moet vir sy eie leraar, sendelinge en weduwees voorsien.
  26. Selfbeheering is die sleutel tot die hantering van finansies.
  27. Om klein bietjies geld oor ’n lang tydperk te spaar, is die beste manier om te kry wat jy wil hê.
  28. Moenie geld spandeer wat jy nie het nie.
  29. Baie besighede versoek Christene om die 10de gebod te oortree.
  30. Geld kan ons gelukkiger maak vir die ewigheid as ons dit goed bestee.

Seth Seth Meyers (sonofcarey.com)

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Geld, Praktiese Christenskap. Bookmark the permalink.