As ek my bediening oor kon begin…

skape

Hier volg ‘n opsomming van wat W. Graham Scroggie, ‘n destydse Skotse prediker geskryf het in “The Life of Faith” op 13 Januarie 1955. Dit is verder gelees by die Cape Peninsula Baptist Ministers’ Fraternal op 29 April, 1963 en bespreek tot groot voordeel van die deelnemers. Mag hierdie ook in ons dag vir jou uitdaag in die werk van die bediening. [1]

 

  1. As ek oor kon begin, sou ek, sonder ’n goddelike roeping enigiets anders doen as om ’n predikant te wees.
  2. As ek oor kon begin, sou ek baie meer aandag gee aan die oorspronklike tale waarin die Bybel geskryf is. Die prediker wat afhanklik is van vertalings staan nie op vaste grond nie. Dis nie genoeg om een en die ander skrywer aan te haal nie. Die prediker moet instaat wees om in die taal van die apostles en profete te dink. Die teologie student wat sy Grieks en Hebreeus op die rak bêre wanneer hy die Seminarium verlaat, maak ’n groot fout. Die man wat ophou studeer, het nog nooit begin leer nie.
  3. As ek oor kon begin, sou ek my voorneem om my Bybel beter te ken as wat ek enige ander boek ken. Om hierdie rede moet ons die Bybel nie net ’n prominente plek nie, maar die primêre plek gee in al ons studies.
  4. As ek oor kon begin, sou ek nie so maklik stories oor ander mense glo nie. ’n Valse verslag wat geglo word, mag dalk iemand se hart breek. John Wesley het gesê: ‘Believe evil of no one. Unless you see it done take heed how you credit it. Put the best construction on everything. The judge is always supposed to be on the prisoner’s side.’
  5. As ek oor kon begin, sou ek baie versigtiger wees in my keuse van boeke. Francis Bacon het gesê: ‘Some books are to be tasted, others to be swallowed, and some few to be chewed and digested.’ Konsentreer op naslaanboeke en standaard werke. ‘n Prediker het gereedskap nodig; nie die volledige werk van ander mense nie.
  6. As ek oor kon begin, sou ek meer gebid het. ‘n Prediker se belangrikste taak is om sy eie siel te koester.
  7. As ek oor kon begin, sou ek ‘n punt daarvan maak om die gemeente te ken en te help. ‘n Predikant is ‘n herder en moet vir sy kudde sorg. Deur pastorale sorg word ‘n predikant se kanselbediening meer simpatiek en effektief.
  8. As ek oor kon begin, sou ek nie ander versorg ten koste van my eie gesin nie. ‘n Predikant moet sy vrou en kinders se beste vriend wees.scroggie

[1] Die volledige artikel is in Engels beskikbaar, sou u dit wou lees.

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Bediening. Bookmark the permalink.