Een van Spurgeon se opvolgers

Scroggie 2

William Graham Scroggie is gebore in Great Malvern, England. Sy ouers was Skotte.  Hy was een van nege kinders in ’n huis sonder die normale opvoedkundige voordele.  Hy het grootgeword onder “the brethren”.  Na vyf jaar in besigheid, op 19-jarige ouderdom, is hy na Spurgeon se Kollege in London om opgelei te word vir die Baptiste bediening.

Scroggie is uit sy eerste twee gemeentes in London en Yorkshire gesit in reaksie op sy teenstand teen modernisme en wêreldsgesindheid. Hierna het hy hom gewy aan die bestudering van die Bybel.  In die volgende twee moeilike jare, met min of geen ondersteuning aan hom, het hy die fondasie gelê vir al sy latere werk.

Na pastorate in Engeland, Skotland, Nieu-Seeland, Australië, Tasmanië, die VSA en Kanada, het hy gedurende die Tweede Wêreldoorlog die predikant geword van Spurgeon se Metropolitan Tabernacle, London.  Sy huis is by drie geleenthede gebombardeer en sy historiese kerkgebou is vernietig gedurende ’n lugaanval.  Hy moes in 1944 aftree as gevolg van swak gesondheid.  Scroggie het die res van sy lewe gewy aan sy literêre werk: The Unfolding Drama of Redemption.

Graham Scroggie is oorlede op 28 Desember 1958.[1]

 

[1] http://www.believersweb.org/view.cfm?id=164&rc=1&list=multi

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Biografie, Uncategorized. Bookmark the permalink.