Martin Holdt se bekering

Martin Holdt

O how the grace of God amazes me!

It loosed me from my bonds and set me free!

What made it happen so?

His own will, this much o know,

Set me, as now I show, at liberty.

 Martin Holdt se vraag aan Headley Sleath, die Methodiste leraar: “Wat het ’n kruis van tweeduisend jaar gelede nóú met my te doen?” is baie dieselfde as C.S. Lewis (of Jack vir sy vriende) se vraag aan sy twee vriende, Tolkien en Dyson, toe hulle eendag na ete in Oxford met Addisons Walk langs gestap het.  Hulle het die waarheid van die Evangelies bespreek en hoe Christus gesterf het.

“Christus se dood kan almal wat in Hom glo, verander” het Tolkien gesê.

“Maar hoe raak so ’n verhaal mý lewe?” het Jack gevra.

“Om die nut daarvan vir jou lewe te vind, moet jy induik, Jack!” het Tolkien geantwoord.  Dyson het bygevoeg dat Christenskap vir die gelowige werk; deur Christus sou Lewis ’n nuwe skepsel word.[1]

Die jonge Martin Holdt se lewe was op die punt waar God se oneindige goedheid en genade aan hom bewys sou word.  Om aan die slegte-geselskap-bederf-die-sedes lewenstyl te ontsnap, het Martin in die regte rigting gevlug – na Christus toe.

Een Vrydagaand in die Winter van 1960 het hy die Metodistekerk se pastorie van ’n “tiekieboks” af geskakel.  Daar was egter geen antwoord nie.  Toe probeer hy die pastorie van die Central Baptist Church in Pretoria.  Die mense was tuis.  Hulle vertel hom toe dat die Jeug almal Johannesburg toe is vir die aand, maar: “Hoekom kom jy nie môre-aand na ons biduur toe nie?” het hulle genooi.

Martin is op daardie Saterdagaand in Augustus 1960 biduur toe.  Later jare het hy getuig: “Ek is gered in die ‘kragkamer’ van die kerk: die biduur.  Die swaar las van sonde is uiteindelik gelig en ek was God se kind! Toe ek biduur toe gestap het, was ek nie ’n Christen nie, maar toe ek daar weg is, was ek een; ‘n ander mens!”

Joy, joy, joy, with joy my heart is ringing –

Joy, joy, joy, His love to me is known;

My sins are all forgiven, I’m on my way to heaven,

My heart is bubbling over with His joy, joy, joy!

Daar is weer ’n vergelyking met ‘Jack Lewis’ se ervaring: “C.S. Lewis experienced a spiritual conversion while riding to the zoo in his brother Warren’s motorcycle sidecar.  Lewis later wrote, ‘When we set out, I did not believe that Jesus is the Son of God; and when we reached the zoo I did.’  Lewis’ conversion followed the long conversation he’d had with two Christian friends, J.R.R. Tolkien and Hugo Dyson (above).”[2]

 C.S. Lewis

In Martin se geval het dit gedurende ’n biduur gebeur, in Lewis s’n tydens ’n motorfietsrit dieretuin toe.  Die oppermagtige Gees van die Almagtige God red ’n negentienjarige, of ’n twee-en-dertigjarige sóós en wanneer dit Hom behaag.

Martin het geleer dat daar vrug in die Christen se lewe moet wees.  Hierdie vrug sou aandui of die persoon waarlik gered is of nie.  Hy het later by ’n Kanadese prediker, dr. Al Martin, geleer om eerder langsaam te wees as vinnig om te reageer op die nuus van ’n bekering.  Martin sou dus as predikant nie haastig wees om te reageer wanneer hy hoor dat iemand ’n Christen geword het nie – eerder ’n paar maande wag en kyk of daar vrug is…

Was daar vrug in Martin se lewe in Augustus 1960.  Waar was die bewyse van sy wedergeboorte?  Hoe moes God verheerlik word vir Sy goedheid?

Tydens ’n terugblik in Augustus 2010 het Martin oor sy bekering vyftig jaar tevore as volg getuig: “Ek was vir die eerste keer trots op my werk.  Ek wou die vreugde en trots voel deur vir mense wat na my toe kom om hul maatskappye te registreer, te sê: ‘Kom môre terug.’ – in plaas van die gewone: ‘kom oor twee weke terug’.”  Martin het stelselmatig deur die hoop lêers op sy lessenaar gewerk – na-ure ook – sodat die hoop laer en laer geword het…  Hy het waarlik God se goedheid ervaar terwyl hy tot Sy eer gewerk het.

Sy baas, ene M.J. de Villiers, het hom uiteindelik ingeroep.  Martin moes sy self-gekose oortyd werkery onmiddellik staak.  Hy het aan sy baas verduidelik: “Ek sien nie hoekom die mense vir twee weke moet wag vir die sertifikaat as ek dit binne ’n dag kan afhandel nie…”  Mnr. De Villiers het geblaf: “Holdt, wat het met jou gebeur?”  Ons weet dat Martin “in Christus ’n nuwe skepsel” geword het (2 Korintiërs 5:17) en dat die vrug sigbaar was.  Headley Sleath het gesê niks is so belangrik soos bekering nie.

Een aand het Martin op die bed gelê in sy kamer wat net langs die sitkamer was.  Hy het sy pa hoor sê: “Hedwig, hy is ’n ander mens, jy kan nie daarby verbykom nie!”  Sy ouers was moontlik ’n bietjie ongelukkig omdat Martin ’n Baptis geword het eerder as ’n Lutheraan.  Dit was amper soos toe die sestienjarige Charles H. Spurgeon in 1850 gered is, en aan sy Congregationalis-moeder gesê het dat die feit dat hy ’n Christen én ’n Baptis geword het eintlik ’n dubbele seën was!  ’n Vriendin van Martin se ma, ’n sendeling, het vir haar geskryf: “Hettie, jy behoort jou te skaam – ons het altyd geweet die Baptiste is reg!”

Kan jý getuig dat jy ware bekering gesmaak het?  Getuig die Heilige Gees saam met jóú gees dat jy ’n kind van God is?

                                                                                                      Rex Jefferies

[1] C.S. Lewis: the Storyteller, Derick Bingham. Christian Focus Publications, 1999, p.77

[2] [Uittreksel uit  William D Blake: This Day in Christian History, uitgegee deur Barbour Publishing, Inc. (2011:  28 September.]

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Bekering, Biografie. Bookmark the permalink.