Bergbron Baptistekerk

Bergbron logo

22 Februarie 2015 was ons groot dag waarop 23 toegewyde gelowiges offisieel ‘geboorte geskenk het’ aan Bergbron Baptistekerk.  Ons is opgewonde oor wat die Here Jesus so getrou in ons midde doen in vervulling van sy belofte in Matt.16:18.

 

Ds. Brahm Hattingh het ons klein groepie op dié spesiale dag met die Woord bedien.  Sy teks was Fil.2:12-18 en hy het ons tereg vermaan om gereed, gelukkig en gewillig te wees vir die werk van die Evangelie in die plaaslike kerk, asook in die gemeenskap waarin God ons geplaas het.  Di. Johannes du Preez en Rex Jefferies het die ABK by die geleentheid verteenwoordig en ons was geseënd om hulle in ons midde te hê.

 

Baie dankie vir julle getroue gebede en bystand – dit word opreg waardeer.  Ons het ná ons konstituering reeds besoekers bygekry wat getuig dat hulle by ons wil aanbid. Ek voorspel dat ons aanbiddingslokaal dalk binnekort te klein mag word. Mag dit deur ons Koning se genade so wees – tot Sy eer.

 

Genade en vrede vir julle almal.

Franz Greffrath

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Nuusbrokkies, Verslae. Bookmark the permalink.