Pretoria-Noord Baptistekerk word 30!

Pretoria Noord Baptiste

Ons is met ons aankoms verwelkom deur Antoinette Stuart en die jongeheer Jason Stuart, wat ons sommer onmiddellik laat tuis voel het.  Ons het gou vir ons plekke gereserveer in die gepakte kerk.

 

Buiten vir die ABK-verteenwoordiger was daar ander sprekers wat gelukwense aan die gemeente oorgedra het:  di. Marcel Versfeld (oud-leraar van die gemeente), Louis Lourens (hulp toe die gemeente nie ’n leraar gehad nie) en mnr. Dirk Coetzee (verteenwoordiger van Rietfontein – Pretoria-Noord se moedergemeente).

 

Die geleentheidsrede is gehou deur Dr. Charles de Kiewiet, leraar van die Central Baptist Church in Pretoria.  Sy boodksap het gekom uit Nehemia 3 waar die mure van Jerusalem herstel is.  Sy tema was:  Elke lidmaat van die kerk het sy werk (soos die leier is, so sal die gemeente wees).  Eerstens is dit God se werk, dan werk die leier wat voor staan, en dan die gemeente wat volg.

 

Die vingerete wat ons na die tyd geniet het, was uit die boonste rakke en ons kon lekker kuier saam met mense wat ons nie noodwendig voorheen geken het nie.  Baie dankie aan die gemeente!  Ons bede is dat die volgende dertig jaar (of meer) die jare wat verby is, sal oortref.  Mag die Here baie siele red deur die bediening van Pretoria-Noord Baptistekerk.

 

Rex Jefferies

(namens die Uitvoerende Komitee)

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Gemeente nuus, Verslae. Bookmark the permalink.