Die waardeloosheid van hierdie wêreld

‘n Brief van John Newton uit die 18de eeu

Letters of John Newton

Geagte Mevrou

 

Watter armsalige, onsekere, sterwende wêreld is dit nie! Opsigself is dit ‘n woesterny!  Hoe donker, verlate en sonder die lig van die Evangelie en kennis van Jesus!  Dit lyk (egter) nie vir ons wat in die stand van die menslike natuur is so nie, omdat ons in ‘n betowerde toestand is: verblind deur die towerlamp van ’n luisterryke dwaling.

 

 

Thus in the desert’s dreary waste,

By magic pow’r produc’d in haste,

As old romances say,

Castles and groves, and music sweet,

The senses of the trav’ller cheat,

And stop him in his way;

But while he gazes with surprise,

The charm dissolves, the vision dies;

‘Twas but enchanted ground:

Thus, if the Lord our spirit touch,

The world, which promis’d us so much,

A wilderness is found.

 

Dit is groot genade om nie verblind te wees in tyd nie. En al kom ons vrolike drome tot ‘n einde en word ons bewus van alles wat walg en ontstel, sien ons tóg ‘n hoofpad deur die woestyn; ‘n sterk Beskermer, ‘n onfeilbare Gids wat dáár is om ons deur te lei.  En ons kan anderkant die grense van die woestyn ‘n beter land onderskei waar ons tot rus sal kom en waar ons tuis sal wees.  Wat het die probleme wat ons op ons lewensreis teëgekom het dan beteken?  Die gedagte daaraan sal net bly om ons besef van die liefde, sorg en krag van ons Verlosser en Leier te verhoog.  O, hoe sal ons Hom dan nie bewonder, aanbid en loof wanneer Hy Hom sal verwerdig (condescend) om die skoonheid, gepastheid en harmonie van ál sy bedelings aan ons te ontvou nie; en vir ons ‘n duidelike terugblik sal gee van ons hele pelgrimsreis, met al die draaie en ompaaie!

 

Ondertussen is die beste manier om ons belydenis te versier en om vrede te beleef, eenvoudig om op Hom te vertrou en onsself en ons alles aan Sy beheer toe te vertrou. As ons ons sorge op Hom werp, word ons gemoed lig en vrolik.  Ons word bevry van ‘n duisend sorge en steurnisse wat ons denke vermoei – en wat ten opsigte van die gebeure onnodig en inderdaad nutteloos is.  Maar al mag dit dalk maklik wees om van hierdie vertroue te praat, en al lyk dit volgens ons oordeel heeltemal reg en redelik, is die werklike bereiking daarvan iets groots.  Dit is veral groot om die Here só te vertrou, nie met stampe en stote nie, nie een dag met oorgawe om dit die volgende dag weer terug te trek nie, maar om by ons oorgawe te volstaan.  En om gewoond te wees aan volharding deur al die veranderinge wat oor ons pad kom, wetend dat Sy liefde, doelwit en belofte onveranderlik is.  Dalk word niemand bevry van party klein floutetjies nie.  Tóg glo ek dat die belofte ons waarborg is dat ons die krag om die Here te alle tye grootliks te vertrou, en om stilweg in die skadu van Sy vlerke te lewe, kan verwag – as ons dit soek met ernstige gebed; miskien nie alles tegelykertyd nie, maar tog toenemend al hoe meer.  Mag dit jou en my belewenis wees!

 

Hoogagtend die uwe,

John Newton

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Biografie. Bookmark the permalink.