Moeder

mother

Hoe diep is Moederliefde!

Wie keer die moederhart –

So vol van teer emosies –

So dikwels vol van smart.

Dis sterk en onselfsugtig;

Sal altyd stand kan hou.

Niks kan dit ooit vernietig,

Laat wyfel of verflou.

Dit vergewe. Dis toegeeflik.

Al stel ander soms teleur,

Daardie liefde sal nooit feil nie,

Al sou pyn die hart verskeur.

In verdoeming en vervolging

Hou die moederliefde stand;

Gloei dit met die glans en glorie

Van die egte diamant.

Dis gelowig, vol vertroue;

Sal die grootste mag trotseer.

Dis so diep en onverklaarbaar

Soos die skepping van die Heer.

Dis die grootste skeppingswonder,

Vol van glorie – vol van krag,

En so sprekend van Gods Grootheid

En sy Eie Liefdemag.

M.J. Huisamen

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Gedigte, Ouerskap. Bookmark the permalink.