Die voordele van beproewing

john-bunyan-in-prison

“Dis soos om die spiere van my bene af te trek.” Dit is hoe John Bunyan sy gevoel beskryf het, elke keer as hy van sy gesin moes afskeid neem na ’n kort besoekie aan hom in die tronk.  Elke keer wat hulle wegstap, is John herinner aan die groot beproewing wat sy gevangenskap oor hulle gebring het, veral oor sy blinde dogter, Mary.  “Watter smart sal waarskynlik jou deel wees in hierdie wêreld!” het hy geskryf.  “Jy moet geslaan word, bedel, honger ly, koue en naakheid en ’n duisend ander rampe verduur”.

 

Die wete dat hy net ’n woord moes spreek, dan laat hulle hom vry, het bygevoeg by John se ellende. Net een enkele stelling: “Ek sal nie die evangelie van Jesus Christus verkondig nie.”  Dis al wat nodig was vir sy vrylating, sodat hy sy gesin weer kon onderhou.  Maar John kon dit nie doen nie.  “Ek het besluit,” het hy gesê, “met God as my Hulp en Skild, om eerder te ly, selfs totdat die mos op my wenkbroue begin groei – as my brose lewe so lank sou aanhou – eerder as om my geloof so te ontheilig.”  So het John vir twaalf lange jare gewag in die oorvol, vuil, koue Bedford tronk.  Hier volg iets wat hy daar geleer het.

 

[1] “Ek het dikwels gedink dat die beste Christene gekry word in die swaarste tye.”

Dit was groot genade dat John homself in ’n posisie bevind het waar hy beide kon dien en bedien kon word in die Bedford tronk. Die meeste manne wat in daardie tyd in die Bedford tronk was, was daar as gevolg van godsdienstige vervolging.  Hulle was gedurende die dag vry om saam Bybelstudie te hou, te bid en mekaar te bemoedig.

 

John het homself ironies genoeg in die posisie bevind waar hy in die tronk dit gedoen het waarvoor hy gevange geneem is: prediking en lering van die Evangelie.  Hy het verder ook van ander gevange leraars geleer.  Lidmate van sy gemeente het dikwels die tronk besoek om John te bemoedig en sodat hy hulle kon beraad.  Sy gesin is toegelaat om gereeld te besoek.  God het Sy genade aan John bedien deur die ondersteuning van Sy kinders.

 

[2] “Niks kan beproewing só ondraaglik maak as ’n sondelas nie. Sou jy dus waardig geag word vir beproewing, maak seker dat jy jou sondelas van jou afgooi.  Dan sal enige beproewing wat jou kant toe kom, vir jou baie maklik wees…” 

John het baie geestelike lesse in die tronk geleer en het duidelik verstaan dat hy sy gesin aan God moes toevertrou. Hy het Jeremia 49:11 oordink: “Laat jou wese agterbly, en Ék sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My vertrou.”

 

Later het hy geskryf:

 

Ek het ook daaraan gedink dat, as ek alles aan God toevertrou, ek God aanstel om my probleme te hanteer. As ek egter Sy weë verlaat, sal ek nie net my roeping versaak nie, maar ek sal ook aanvaar dat my belange, as ek dit aan God se voete gelaat het toe ek getrou was aan en vir Sy Naam, nie meer so veilig sou wees as wat hulle sou gewees het onder my sorg nie – selfs al het ek God se wet afgewys.

 

[3] “As jy die stok van beproewing wat God jou sal oplê, kan verduur, onthou hierdie les: jy word geslaan sodat jy beter kan word.”

John Bunyan het sy stem as skrywer ontdek terwyl hy in die tronk was. Hy het begin skryf as ’n uitbreiding van sy bediening aan die kerk.  Hy het vier boeke geskryf voor hy gearresteer is.  Maar Bunyan se twee groot werke is geskryf terwyl hy in die Bedford tronk was.  Die eerste, Grace Abounding, is ’n autobiografiese getuienis van sy eie redding.  Die tweede, The Pilgrim’s Progress, is ’n allegoriese roman wat in baie opsigte dieselfde verhaal vertel as Grace Abounding.  Dit verpersoonlik Bunyan se stryd met skuld, twyfel, wanhoop en selfs menswording.

 

Sou hy hierdie boeke kon geskryf het sonder die stok van beproewing? George Whitefield het nie so gedink nie.  Hy het gesê: “Dit [Pilgrim’s Progress] ruik na die tronk.  Dit is geskryf toe die skrywer toegesluit was in die Bedford tronk.  En predikante skryf of preek nooit so goed soos wanneer hulle onder ’n kruis is nie.  Die Gees van Christus rus op hulle.”

 

[4] “In tye van beproeweing word ons besoek deur die soetste ervaring van God se liefde … Jesus Christus was nooit meer werklik en duidelik as nou nie. Ek het Hom hier werklik gesien en  gevoel!”

Nadat hy vrygelaat is, het John ’n hoofstuk bygevoeg by die tweede uitgawe van Grace Abouding waarin hy van sy ervarings in die tronk beskryf.  In die laaste paragraaf beskryf hy die troos wat hy van God ontvang het gedurende ’n tyd van twyfel in die tronk.  Hy skryf: “I would not have exchanged this trial for much else; I am comforted every time I think about it and I hope I shall bless God for ever for the things I have learned by it.”

 

-Vertaling uit John Bunyan:

Blessing God for Affliction

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Beproewing, Christelike lewe. Bookmark the permalink.