Hoe om jou dag te begin

starting-the-day

Wat sê jý elke oggend vir jouself as jy die dag gaan begin?

 

  • Moses sou gesê het: “Here, as U nie voor ons uitgaan nie, gaan ons nêrens nie.” (Eks.33:15).

 

  • Abraham sou gesê het: “Die Here sal voorsien.”   (Gen.22:8).

 

  • Jakob sou gesê het: “Ek sal U nie laat gaan voordat U my seën nie.” (Gen.32:26).

 

  • Josua sou gesê het: “Maar ek en mý huis, ons sal die Here dien.” (Jos.24:15).

 

  • Samuel sou gesê het: “Spreek Heer, want U dienskneg luister.” (1 Sam.3:10).

 

  • Nehemia sou gesê het: “Die vreugde van die Here is my sterkte.” (Neh.8:11).

 

  • David sou gesê het: “Die Here is my Herder, niks sal ek begeer nie.” en “Dit is die dag deur die Here gemaak en ek sal my verheug en bly wees daarin.” (Ps.23:1, 118:24).

 

  • Salomo sou gesê het: “Vertrou in God, o my siel, en steun nie op jou eie begrip nie. Erken Hom in al jou weë en Hy sal jou die pad wys.” (Spr.3:5,6).

 

  • Jesaja sou gesê het: “Staan op, word verlig; want jou lig kom en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op” en “Geen wapen wat gesmee word … sal iets uitrig nie” (Jes.60:1 en 54:17).

 

  • Jeremia sou gesê het: “Die Here het planne om my voorspoedig te maak, nie om my skade aan te doen of my te faal nie.” (Jer.29:11).

 

  • Sadrag, Mesag en Abednégo sou sê: “Ons sal voor geen beeld buig nie, maar ons dien die Here.” (Dan.3:18).

 

Kies gerus jou daaglikse geloofsbelydenis. Dink daaroor na en lééf dit.

 

’n Ryk man het deur sy venster gekyk en gesien hoe ’n arm man iets uit sy asblik krap. “Dank die Here ek is nie arm nie!” het hy gesê.

 

Die arm man het om hom rondgekyk en ’n man gesien wat nie klere aangehad het nie. “Dank die Vader dat ek nie mal is nie!” het hy uitgeroep.

 

Die mal man het voor hom gekyk en ’n ambulans gesien wat ’n siek man vervoer… Hy het gesê: “Dank Vader, ek is nie siek nie!”

 

Die siek man het in die hospitaal gesien hoe ’n dooie liggaam op ’n trollie uitgestoot word na die lykshuis. “Dank die Here ek is nie dood nie!” het hy gesê.

 

Nét die dooie kan God nie dank nie.

 

Hoekom dank jy die Here nie vandag vir al jou seëninge en vir die gawe van lewe nie – vir nog ’n pragtige dag!

 

Wat is die lewe?

Om die lewe beter te verstaan, moet jy na drie plekke kyk:

  1. Die hospitaal
  2. Die tronk
  3. Die begraafplaas.

 

In die hospitaal sal jy begryp dat daar niks mooier is as gesondheid nie.  In die tronk sal vryheid vir jou die meeste weeg.  By die begraafplaas sal jy besef dat die lewe niks werd is nie.  Die grond waarop jy vandag loop, sal môre jou dak wees!

Dit waarheid is: Ons kom almal met niks, en ons sal met niks gaan! Laat ons dus nederig bly en te alle tye dankbaar wees aan God vir alles.

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Christelike lewe, Oordenking. Bookmark the permalink.