Die Godstad

Psalm 48

Een manier waarop God van die toekoms praat, is doodeenvoudig om oor die toekoms te praat!  Daar is plekke in die Bybel waar God in soveel woorde voorspel wat gaan gebeur: Hy praat oor die toekoms.  Maar Hy voorsien ook beelde, patrone, tipes en modelle.  In hierdie gevalle vestig Hy ’n gewoonte of ’n rite, of ’n patroon van verhoudings.  Dan laat val Hy wenke, en baie gou ’n hele rits wenke dat hierdie beelde, patrone, tipes en modelle nie opsigself die doel is nie: hulle is ’n manier om iets beter te verwag.  In hierdie gevalle praat God dus oor die toekoms in beelde.

 

Christene wat hul Bybels baie lees, dink na oor die konneksie tussen Dawid se koningskap en die Koningskap van Jesus; tussen die lam vir die paasfees en Jesus as die “Paaslam”; tussen Melgisedek en Jesus; tussen die Sabbatsrus en die rus wat Jesus gee; tussen die rol van die hoëpriester en Jesus se Priesterlike rol; tussen die tempel waar die priester van die ou verbond ingegaan het, en die hemelse “allerheiligste” wat Jesus binnegegaan het, en vele meer.

 

Vir diegene wat onder die bepaling van die ou verbond gelewe het, het getrouheid aan die verbond natuurlik beteken die nakoming van die wette en gebruike wat God beveel het – selfs al het daardie wette en gebruike (op ’n breër kanonieke skaal) ‘n beter vooruitsig gehad.  God het deur hierdie beelde oor die toekoms gepraat.  Wanneer ’n Christen eers hierdie punt verstaan, word dele van die Bybel op ’n baie vars wyse lewend.

 

Jerusalem self is een van hierdie “beeld-modelle”.  Daar word soms na haar verwys as Sion (die geskiedkundige vesting).  Jerusalem was nie net betrokke in die feit dat dit van Dawid se tyd af en verder die hoofstad was nie (selfs na die verdeling van die Ryk in Israel en Juda was dit die hoofstad van die Suidelike Koninkryk), maar ook in die feit dat dit van Salomo se tyd af die plek is waar die tempel gebou is – en dus die fokus van God se bekendmaking van Homself.

 

Vir die Psalmdigter is Here“die stad van onse God, sy heilige berg!” nie net “Skoon deur sy verhewenheid” nie, maar “die vreugde van die hele aarde” (Ps.48:2-3).  Dit is nie net die middelpunt van die bewapende sekuriteit nie (Ps. 48:5-9), maar die plek waar God se volk oor Sy onfeilbare liefde nadink (48:10); die middelpunt van lof (48:11).  Tog kyk die Psalmdigter verby die stad na God Self: Hy is die Een wat haar “bevestig tot in ewigheid” (48:9), Wie se lof tot aan die einde van die aarde strek, vir ewig en ewig (48:11, 15).

 

Die skrywers van die nuwe verbond – gewortel in die geskiedkundige Jerusalem soos hulle is – kyk na “Jerusalem daarbo” (Gal.4:26); na “die berg Sion”; na “die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem” (Heb.12:22); na die “nuwe Jerusalem” (Open.21:2).  Dink dikwels en lank na oor die verband.

 

Uit: For the Love of God  Volume 1

D.A. Carson

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Oordenking. Bookmark the permalink.