Quo Vadis – waarheen is jy oppad?

Where are you going

If we really think that home is elsewhere and that this life is a “wandering to find home,” why should we not look forward to the arrival? [1]

 

Ek het in ‘n vorige uitgawe van die Goeie Tyding kortliks geskryf oor “Die ‘Verveligste’ Boek in die Bybel?”  Daardie artikel het gehandel oor die boek Kronieke.  Vandag is my vraag:  Wanneer laas het jy Numeri gelees?

 

Die beskrywing van Israel se reis deur die woestyn wat in Numeri 33 gegee word, het my diep laat nadink oor:

 

[1] Ons geestelike reis deur wat John Bunyan “the wilderness of this world” noem.

 

[2] In ons reis op aarde kom daar ook oorgangstye soos bv. by die dood van Aäron, Moses se broer (kyk na Geestelike bakens – Die afsterwe van my broer hieronder vir verdere toepassing).

 

Nog ’n voorbeeld word gesien wanneer Israel oorgaan van die eksodus in die woestyn na ’n “gevestigde lewe” in Kanaän:  die volk het in ’n geestelike ramp verval (vgl. Rigters 2:7-12 met Rigters 3:5-7).

 

[3] Numeri 33 gee ook verdere aansporing tot ernstige nadenke oor geestelike oorlogvoering.

 

Die King James Version  van die Bybel som Numeri 33 op ’n sonderlinge wyse op as “Two and forty journeys of the Israelites.  The Canaanites are to be destroyed.”

  

God se bevel aan Moses was om al die plekke op te skryf.  Die verdere belangrike opdrag was:  “En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit.” (v.53).  Bybel commentator Gordon Wenham merk ook op: “Since Moses’ great achievements also took place at the stations (places) mentioned the list serves as a sort of obituary for him.”  Moses se weergawe wil hê dat ons daarop let dat alles gedoen is op bevel van die Here, volgens Sy instruksies.  Alles is deur Hom beplan en beveel, selfs tot met die woorde waarmee Moses met die volk gepraat het.

 

Israel se reis het by Raämses begin (vers 3) en ons lees verder:  “op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur ’n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek, terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die HERE onder hulle verslaan het,”.  J.A. Thompson stel dit soos volg: “(Israel) set out triumphantly (lit. ‘with a raised hand’) while the Egyptians were recovering from the tragic events of Passover night”.

 

“Toe die kinders van Israel van Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.” (v.5); van Sukkot na Etam “wat aan die kant van die woestyn lê.” (v.6), ensovoorts.  Numeri 33 is dus ’n Joernaal; ’n rekord van bakens wat deur Moses opgestel is op God se bevel.

 

Wanneer laas het jý geestelike “bakens” opgestel en kennis geneem van belangrike stadiums in jou eie geestelike lewensreis?[2]  Met ander woorde: “what is this to mean for us, who are so removed by time and culture from Israel’s experience?”[3]  Gordon Keddie merk op dat die trek deur die woestyn:

  • ’n Unieke sin van geskiedenis gegee het aan Israel, geskiedenis as “the movement of God’s eternal purpose and revealed will”.
  • ’n Sin van bestemming oordra wat gewys het na “the fulfilment of God’s promise of a land in which to settle permanently.” Dit bevestig dat die Bybel “sets out the calling and destiny of God’s people.”
  • ’n Reisplan is wat “a sense of God’s presence with his people, marked by the pillar of cloud by day and the pillar of fire by night which ‘led them through their epic odyssey” oordra.
  • Sentraal staan met die hele Sinai belewenis as ’n “manifest sense of God’s unmerited favour.”

 

Robert Murray M’Cheyne druk dit aangrypend uit in sy gedig I am a Debtor:

 

When this passing world is done

When has sunk yon glorious sun

When we stand with Christ on high

Looking o’er life’s history

Then Lord, shall I fully know

Not till then how much I owe

 

When I stand before the throne

Dress’d in beauty not my own

When I see Thee as Thou art

Look Thee with unsinning heart

Then Lord, shall I fully know

Not till then how much I owe

 

E’en on earth, as through a glass

Darkly let Thy glory pass

Make forgiveness feel so sweet

Make Thy Spirit’s help so meet

E’en on earth, Lord, make me know

Something of how much I owe

 

Keddie wys ook daarop dat die laaste perikoop van Numeri 33 die volgende bevat:

  • ’n Opdrag (33:50-53)
  • ’n Verbintenis (33:54)
  • ’n Waarskuwing (33:55-56)

 

Wat moet ons hieruit leer?  Ons begin hier verstaan dat ons seëninge en beloofde erfenis daarvan afhang dat ons alles moet uitdryf wat nié van God kom nie.  Selfs die kleinste splintertjie van sonde wat in ons lewens oorbly, of waaraan nie aandag gegee is nie, “(will) trouble us in the land where (we) dwell” (v.55, ESV) en kan selfs lei tot ons ondergang.  Ons moet eerder enigiets wat ons weg van God af lei, vernietig!

 

In Nuwe Testamentiese terme sal ons, geestelik gesproke, die swaard moet opneem om te veg vir hierdie geloof “entrusted to us as a gift to guard and cherish”[4] (Judas 3).  Die leser kan sekerlik aan ander toepassings dink wat voortvloei uit sy of haar eie wandel met die Here.  Ek sluit af met iets uit my eie ervaring.

 

Geestelike bakens:  Die afsterwe van my broer

In Numeri 33:38-39 sterf Israel se eerste Hoëpriester, Aäron, en Moses verloor terselfdertyd sy ouer broer.  ’n Nuwe Hoëpriester moes Aäron opvolg, nl. Eleásar, die seun van Aäron (Deut.10:6).  Direk hierna lees ons van ’n nuwe vermaning tot gehoorsaamheid (v.10 en verder).  Daar word dus geestelike rigting gegee aan die volk – ’n geestelike baken.[5]

 

My broer is op 10 Oktober 2016 oorlede.  Was dit ook in my lewe ’n “geestelike baken”?  Ek vra dit omdat Graham 6½ jaar jonger as ek was, en ons verhouding gekenmerk is aan die ouderdomsgaping:  sy belangstellings en vriendekring (of portuurgroep) was ietwat anders as myne – veral waar dit geestelike sake aangaan.

 

Graham het dit baie duidelik aan my gestel dat, alhoewel hy in God glo, hy nie my geestelike “ywer” deel nie.  Hy was byvoorbeeld nie ’n kerkganger nie, nòg was hy ’n Bybelleser.  Tóg het hy my toegelaat om gedurende die laaste paar maande voordat hy aan kanker gesterf het, vir hom te bid.

 

Na sy dood het ek dikwels aan hom gedink en aan ons geskille, want ek wonder of hy gesterf het met die versekering dat hy hemel toe gaan.  Sulke gedagtes pla my en veroorsaak soms ontevredenheid oor my hulpeloosheid daarin dat ek nie seker wéét nie.  Ek het uiteindelik met my vrou se hulp besef dat my broer se fisiese dood dui op ’n oorgangstydperk.

 

Eers ses maande na sy dood het ek tot die besef gekom dat ek nou daarop moet fokus om die lewendes te help om Christus te vind.  Dit is immers onmoontlik om enigiets verder te doen vir ons geliefdes wat voor ons gesterf het.  Ons kan slegs die herinneringe aan hulle koester.  Nóú moet ons voortgaan om te doen wat ons hand vind om te doen.

 

                                    Rex Jefferies

 

[1] C.S. Lewis in ’n brief gedateer 7 Junie 1959.

[2] Dit is iets wat Henry Blackaby gebruik in sy lering in Experiencing God (Afrikaans: Beleef God).

[3] Gordon Keddie, According to Promise, Evangelical Press, p.204

[4] Uitgedruk deur Eugene Peterson in The Message, p. 605

[5] Kyk Beleef God, Week 6, Dag 4 vir verdere besonderhede aangaande “Geestelike Bakens”

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Beproewing, Christelike lewe. Bookmark the permalink.