Ek is dankbaar om iets te deel oor die ABK se Vroue Federasie. Dit voel amper of ek papirus nader wil sleep en by ‘n flou lanternlig die brief wil skryf! Ek wil die vroue in die gemeentes uitnooi om die Vrouediens in hulle gemeentes asook die Vroue Federasie te ondersteun.
Nege dames van die Brakpan gemeente het vanjaar die Jaarlikse Vroue Federasie se vergadering op Middelburg bygewoon. Ons wil die dames van Middelburg bedank vir hulle gasvryheid. Ons is opreg dankbaar vir die getroue besoekers wat ook by die geleentheid aangesluit het. Daar was dames van Primrose, Rietfontein, Nelspruit en Witrivier.
Met ons aankoms daar het die lekkerste Botterbroodjies (skons) en Kolwyntjies (Muffins) met tuisgemaakte konfyt en ‘n lekker warm koppie koffie of tee ons verwelkom. Ons het mekaar so gegroet en lekker gesels voor die verrigtinge begin het. Dit is altyd die mooiste deel: om die vroue weer se sien en om nuwe gesigte te verwelkom. Dit is baie belangrik vir die Gemeentes dat die Vrouediens groei om so ook die werk van God voort te sit.
Jaqueline van Dyk, die Presidente van die Vroue Federasie het begin deur met ons ‘n inspirerende boodskap te deel voordat ons met die vergadering begin het.
Daar is ’n nuwe bestuur gekies. Hulle is die volgende:
Presidente: Jacqueline van Dyk
Vise-Presidente: Rienie Schoeman
Sekretaresse: Martie Spangenberg
Vise-Sekretaresse: Anneke Smith
Tesouriere: Christelle Olivier
Vise-Tesouriere: Henriette Dercksen
Streeksleidster – Gauteng: Joy Britz
Streeksleidster – Mpumalanga: Elizabeth Versveld
Sosiale Media Verteenwoordiger: Maria Botha
Addisionele lede: Sonia Eloff
Kotie Smit
Liezel Britz
Anelize Hatting
Margaretha Gates
Mariane Smit
Daar heers alreeds groot opgewondenheid oor die dameskamp wat beplan word. Hierdie jaar sal dit gehou word by Elangeni Mpumalanga. Die datums sal aan die gemeentes deurgegee word.
Ons het ons verrigtinge afgesluit met heerlike hoenderpasty en slaai.
‘n Paar dames het by tannie Alet Pieters ’n draai gaan maak. Sy is al ’n geruime tyd siek. Ons bid gereeld vir haar en ons glo die Here gaan vir haar uitkoms bied.