Wat doen die Here in Brakpan?

“Kom kyk wat die Here gedoen het,  watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring.” (Psalm 46:9).

Brakpan Baptiste

Die afgelope twee jaar was die Here waarlik goed vir ons gemeente.  Ons het in 2016 ons 100ste lidmaat opgeneem.  Ons is die Here dankbaar vir Sy goedheid.

 

Ons hou elke Sondag om 10h00 ’n erediens en die bywoning is goed.  Ons het’n musiekspan wat ons tydens elke diens begelei.  Tydens die diens is daar ook kinderkerk waar die kinders meer geleer word oor die Here.  Die kinderkerk se bywoning wissel tussen agtien en twee-en-twintig kinders.

 

Elke Dinsdagoggend om 08h00 word daar ’n biduur gehou.  Daar bid ons vir verskeie sake in die gemeente.  Woensdagoggende het ons ’n spesiale Bybelstudie vir die seniors.  Ook hierdie Bybelstudie word goed bygewoon.  Woensdagaande word daar selgroep gehou.  Die jeug kom Donderdagaande bymekaar en die bywoning is bo verwagting goed.

 

Deur die genade van die Here kon ons deur ’n bouprojek die gemeente se ingang na ’n rolstoel vriendelike ingang verander.  Ook die toilet geriewe is heeltemal oorgedoen, die trappe afgebreek en die geriewe is ook nou rolstoel vriendelik.  Ons is ook dankbaar om te noem dat die kerksaal in 2016 ’n nuwe dak kon kry.  Ons het hard gewerk en gespaar om die dak en saal te kon opknap.

 

Ons is die Here dankbaar vir die vooruitsig om in Maart twaalf nuwe lidmate op te neem.  In 2016 het ons agt, en in 2017 sewe gelowiges met die doop bedien.

 

Ons as gemeente dank en loof die Here vir Sy goedheid.

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Gemeente nuus. Bookmark the permalink.