Wat se ‘n mens na 50+ jaar in die bediening?

Image result for bible on pulpit

Ek, Carel Johannes Fourie; oftewel ds. Kallie, verklaar:

Ek is ‘n sondaar gered uit genade; ‘n onbekwame geroep tot die bediening; ’n onwaardige wat wat vir meer as 50 jaar die onbeskryflike voorreg gehad het om die onnaspeurlike rykdom van Sy Genade en Liefde te verkondig.

Die hoogtepunte van my bediening:

  • Elke siel uit genade gered.
  • Elke persoon uit gehoorsaamheid gedoop.
  • ’n Vrugbare fase van kinder- en jeugbediening─onthou vir Vettie!
  • Omtrent 15 jaar as lid van die Uitvoerende Komitee.
  • My termyn as ABK-President.
  • Pragtige medegelowiges in elke gemeente waar ek bevoorreg was om te dien.
  • Kollegas in die ABK bediening.‘Julle was special’.

Of ek suksesvol was, weet ek nie. Ek het getrag om getrou te wees aan my Opdraggewer. Ek mag dalk verwaand klink, maar ek haal Paulus aan: ‘Ek het die goeie stryd gestry, die wedloop voleindig, die geloof behou.’

Kallie Fourie

Advertisements

About baptistekerkkemptonpark

Commissionerstraat 85
This entry was posted in Bediening. Bookmark the permalink.