’n Groot sondaar en ’n Groot Verlosser

Dagstuk 5

Image result for john newton

John Newton het die grootste deel van sy vroeëre lewe op see deurgebring. Hy was die seun van die bevelvoerder van ’n handelskip, adelbors van die Britse vloot, en meester van ’n slaweskip. Newton het op drie-en-twintigjarige ouderdom die see beter geken as wat hy die land geken het.

Die Here het ’n groot storm op see gebruik as ’n baken om deur die duisternis wat Newton se vroeëre lewe gekenmerk het, te sny. Van daardie punt af en verder het John Newton sy lewe deurgebring in diens van God. Hy het uiteindelik ’n Anglikaanse predikant geword en was die outeur van baie gesange, insluitend “Amazing Grace.”

John Newton se laaste jaar was soos die son wat sak. Hy het geleidelik doof en blind geword en kon nie meer van sy naaste vriende herken nie. Hy het gekwyn totdat hy nie meer sonder hulp kon loop nie. In die laaste maande van sy lewe het Newton vasgehou aan die waarhede wat hy jare lank gepreek het en deur sy geskrifte oorgedra het. In sy laaste maand het Newton die genoegsaamheid van sy agteruitgaande verstand met hierdie woorde opgesom: “My geheue is amper weg, maar ek onthou twee dinge: dat ek ’n groot sondaar is en dat Christus ’n groot Verlosser is.”

Ten spyte van sy agteruitgang was Newton in staat om die naderende einde van sy lewe met groot insig en verwagting te beskryf: “Ek is soos iemand wat op reis moet gaan in die poskoets en wat elke oomblik verwag dat dit sal kom; en wat kort-kort deur die venster kyk om te sien of die poskoets nog nie gekom het nie.” In nog ’n gesprek het Newton gesê: “Dit is ’n groot ding om te sterf en om, wanneer die vlees en hart faal, God te hê vir die sterkte van ons hart en ons deel vir ewig. Ek weet op Wie ek vertrou het. Hy kan dít wat ek aan Hom gewy het in stand hou tot op die dag wat Hy weer kom. Voortaan wag daar vir my ’n kroon van geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, vir my sal gee by Sy wederkoms.”

Die Woensdag voor sy dood het iemand vir Newton gevra hoe dit gaan. Hy het geantwoord: “Ek is tevrede met my Here se wil.”

Die son het finaal vir John Newton gesak op Maandag, 21 Desember 1807 toe hy in die ouderdom van drie-en-tagtig oorlede is. Hy is in sy kerk van St. Mary Woolnoth begrawe, langs sy vrou, Mary en susterskind, Mej. Eliza Cunningham. Newton het sy eie grafskrif geskryf. Dit is gegraveer op ’n eenvoudige marmer steen in die kerk:

 

John Newton,

Clerk

once an infidel and libertine,

A servant of slaves in Africa,

was,

By the rich mercy of our Lord and Saviour,

Jesus Christ,

Preserved, restored, pardoned,

And appointed to preach the faith

he had long labored to destroy!

Near XVI. Years as a curate and vicar

Of Olney in Bucks,

And xxviii. as rector

Of these united parishes.

On Febry. the first MDCCL. he married

Mary,

Daughter of the late George Catlett,

Of Chatham, Kent,

Whom he resigned

To the Lord who gave her,

On Decr. the XVth. MDCCXC.

 

Oordenking

Toe John Newton se geheue hom op sy oudag in die steek begin laat, het twee gedagtes hom bygebly as grondslag vir sy geloof: dat hy ’n groot sondaar was en dat Jesus ’n groot Verlosser was. Watter gedagtes sou jy wou hê, moet die einde van jou lewe kenmerk?

6Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: 7Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. 8Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. (Romeine 4:6-8).

Uit: Rusten, E Michael & Sharon:

The One Year Christian History,

Tyndale House Publishers, 2003

This entry was posted in Kerkgeskiedenis, Verlossing. Bookmark the permalink.